Woensdag 06 Augustus 2014

Winde van verandering

Wanneer ons begin om nuwe dinge te doen of ou dinge te los is die groot vraag altyd: moet ek een ding op 'n slag verander of alles terselfdertyd?

Daar is nie 'n maklike direkte antwoord op die vraag nie, maar oorweeg die volgende:

Om 'n algemene 'mindset' van verandering in jou wese te vestig maak dit makliker om dan sommer alles aan te vat. Dit klink dalk of soveel dinge overwhelming kan wees, maar as jy faal in een van die veranderingsprosedures, kan jy motivering vind in ander suksesse. Terwyl as jy net een ding probeer verander en dit misluk, gee jy sommer makliker moed oor.

Wees getrou en moenie wyk van jou planne nie, maar moenie jouself uitmergel nie. As jy nou bv. vroeg opstaan, oefen, gesond eet, alkohol vermy en probeer water drink op een slag en jy is die oggend regtig te moeg om op te staan - slaap die oggend bietjie later, maar drink dan 500ml water ekstra die dag om op te maak en moenie heeltemal handdoek ingooi nie. En gaan slaap dan vanaand net 'n halfuur vroeer sodat jy more weer in roetine kan terugval.

Om te begin verander is 'n groot stap, maar die uitdaging is om vol te hou met jou planne. Klop jouself op die skouer oor elke dag van sukses en hou gedurigdeur 'n duidelike doel voor jou. Dink net minstens een keer per dag doelbewus hoekom jy besig is met die proses en skep verwagting by jouself oor die eindproduk.

Ek het besluit om volgende jaar met my bonus my klerekas totaal oor te doen. 'n Nuwe ek verdien 'n nuwe klerekas. Daarom fokus ek my gedagtes op style waarvan ek hou, kleure en skoene waarna ek sal kyk en hoe ek my nuwe styl gaan geniet. Elke keer wanneer ek wil moedeloos raak of behoefte het aan gemorskos, ens. vertel ek net vir myself ek wil graag rokkies kan dra met lekker high heels.

Daarom moet alles verander en nie net een ding nie.

En ek moet alles gelyk tackle.

''Pushing my limits every day to become a better me! A better me than yesterday!


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking