Maandag 04 Augustus 2014

Begin verandering in jou lewe

Om enige iets in mens se lewe te verander is moeilik. Of dit nou gesond eet, vroeg opstaan, begin oefen, of watookal is...

Hier is 'n paar gedagtes om te gebruik om verandering teweeg te bring en te volhard:

1. Onthou verandering (soos vroeg opstaan en oefen) gaan jou oor die lange duur laat goed voel, maar             aanvanklik gaan dit jou laat slegter voel. Moegheid, frustrasie en ander negatiewe gevoelens moet verwag     word. Berei jouself sielkundig daarop voor en onthou doelgerig dit gaan beter wees - langtermyn!
2. Mense glo nie maklik jy kan verander nie - moet jou nie steur nie! Die enigste manier om ander te oortuig     dat jou lewe gaan verander is om hulle te wys. 'n Beeld wat ek mal is oor: Ons almal sit in 'n put vol               modder en gemors. Dis vuil en almal sit nou maar net daar, want daar is nie toerusting om uit te klim nie.
    Nou jy kan besluit om te begin klim sonder toerusting en te gaan ontdek wat is buite in die wereld, maar       dit gaan moeilik wees. Maar begin jy vasberade klim. Dan sal die mense rondom jou - wat te lui is om           self te klim - jou aftrek. Die rede daarvoor is hulle sien nie kans om te klim nie, maar hulle gun jou ook nie    die onbekende drome wat hulle nie wil bereik nie. Wat moet jy dan doen? Skop hulle af en klim elk geval.    Jy gaan ook net so lank klim voor jy in elk geval te hoog begin raak vir hulle om verder te stry daarteen...
3. Hou 'n duidelike doel voor jou. Skryf dit neer en besluit op 'rewards' wanneer jy sekere mikpunte bereik.    Wanneer jy nie na iets toe werk spesifiek nie, gaan jy opgee. Kry motivering. Werk vir iets spesifiek.
4. Beplan vir 'n sisteem en belonings wat jou gedurigdeur kan dra, motiveer en lei om te volhard.
5. Roetine, roetine, roetine! As jy roetine vestig en dinge op vasgestelde tye en in vasgestelde volgordes             doen, is dit makliker om te volhard uit blote roetine. Wanneer 'n dag moeilik gaan kan jy steeds deur die       roetine beweeg totdat jy weer deur inspirasie en motivering toegegooi word.

Die grootste uitdaging is om te begin, maar van daar af is dit nie 'n teepartytjie nie. As verandering maklik was sou dit ook nie so bevredigend gewees het nie.

Good Luck!!

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking