Dinsdag 05 Augustus 2014

Hoe om vroeg op te staan en algemene slaapgewoontes

Soveel mense sukkel om te slaap en vroeg op te staan - o, en die ewige 'snooze battle'!

Hier is 'n paar gedagtes om te begin vroeg opstaan (soveel meer tyd vir drome najaag in 'n dag!!) en lekker te slaap:

1. Moenie eet na sewe in die aand nie. Jou liggaam werk om kos te verwerk en die idee wanneer jy slaap, is dat jou liggaam moet rus! As jy eet voor jy gaan slaap, skep jy werk vir jou liggaam gedurende rustyd.

2. Geen kaffeine na vyfuur nie. Dit sluit koffie, coke en swarttee in. Ek hoor baiekeer: ''Koffie hou MY nie wakker nie, dit maak my eintlik moeg.'' Maar kaffeine het nie net 'n fisieke uitwerking nie, dit werk ook in op jou brein en senuweestelsel. So wees absoluut beslis hieroor: na vyf drink jy net water, rooibostee of 'green tea.'

3. Roetine is baie belangrik. Ek glo in roetine, maar vir goeie slaapgewoontes is roetine van uiterse belang! Gaan slaap dieselfde tyd elke aand en staan die selfde tyd op elke oggend. Vestig 'n bed-toe-gaan en opstaan roetine. Jou lyf en gedagtes sal gou gewoond raak aan wanneer hulle moet moeg wees en wanneer hulle moet wakker word.

4. Neem 'n doelgerigte besluit en volg 'a NO snooze policy.' Om wakker te word en verder te slaap en weer wakker te word, maak jou moeg! Maak nie saak hoe moeg jy voel die eerste keer as die wekker lui nie - na die snooze GAAN jy erger voel. Snooze is 'n slegte gewoonte. Gaan die dag opgewonde tegemoet.

5. Kry dinge wat jou motiveer om op te staan. As jy jou lewe haat, is dit moeite om op te staan in die oggend. Wanneer daar uitdagings en pret dinge is om te doen in jou dag, staan jy makliker op. Jou werk speel 'n groot rol hierin. Sorg dat jy hou waarvan jy doen en probeer jouself gedurigdeur verbeter in jou werk. Uitdagings motiveer ons, maak ons opgewonde en is 'n rede om op te staan in die oggend.

6. Ek weet nie waar die '8 uur in 'n nag slaap' idee vandaan kom nie, maar dit is nie regtig akkuraat nie. Jou slaapsiklus werk in periodes van drie ure. As jy in die middel van een van die siklusse opstaan, wil jou liggaam die siklus voltooi en wil jy dus nog slaap. Probeer daarom om eerder 6 of 9 ure te slaap. Maak voorsiening vir tyd om aan die slaap te raak ook.

7. As jy fiks is, het jou liggaam meer suurstof-toevoer en jy het minder slaap nodig. So raak fiks! Terwyl jy onfiks is, gaan slaap maar bietjie vroeer in die aande (die 9 ure slaap siklus) en as jy fiks raak behoort die 6 ure slaap siklus of selfs 3 ure vir sommige mense heel goed te werk.

8. As jy sukkel om aan die slaap te raak, probeer een van hierdie hipnose-tipe ''speletjies'':

a) Konsentreer op 1. Stoot enige ander gedagtes uit jou kop uit. Wanneer jy agterkom jy konsentreer nie meer op 1 nie, konsentreer op 2. Gaan so aan totdat jy slaap. Ek raak gewoonlik by 3 of 4 aan die slaap.

b) Le gemaklik op jou rug. 'Tense' jou spiere en senuwees stelselmatig en rustig op vanaf jou tone, jou voete, jou hakke, jou enkels, jou kuite, ens. totdat jou hele lyf 'tense' is. Relax. Dan ontspan jy weer vanaf jou tone, voete, hakke, enkels, ens. Totdat jou hele lyf ontspanne is. Haal dan net rustig asem. Ek raak gewoonlik voor die skouers ontspan aan die slaap.

c) Le op jou rug en verbeel jouself jy dryf in die wolke op jou rug. Fokus jou gedagtes op die teenwoordigheid van die Heilige Gees en God, die Vader. Spandeer tyd in die teenwoordigheid van die Here en stoot enige ander gedagtes doelbewus uit jou kop uit. Moenie met Hom praat nie. Spandeer bloot tyd in Sy teenwoordigheid. Dit sal jou kalm maak en rustig laat slaap.

Lekker slaap en opstaan almal!!

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking