Ons is geneig om onsself te definieer op grond van hoe ander ons gesien het nog al die jare - selfs van kindertyd af! Mense vertel ons gedurig wie ons is - of hulle dit goed of sleg bedoel. En ons is meer as gereeld geneig om die slegte gedagtes te vertroetel en die goeie net vinnig te oorweeg en weer te vergeet.
Jy is mooier as wat jy dink.
Jy is sterker as wat jy dink.
Jy is in staat tot meer as wat jy dink.
Maar hoe ontdek jy jouself? Eerstens moet jy ongelukkig mense se opinies gaan vra. Vra vir twee of drie van jou huidige opregte vriende in jou lewe wat jou sterkste en swakste eienskappe is. Luister geduldig en moenie opgewerk raak daaroor nie. Luister hoe hulle jou sien. Gaan werk dan daadwerklik aan jou slegte eienskappe - dit is nie onveranderbaar nie! Moet veral nie vir jouself vertel dis geneties nie! Dis egter baie belangrik dat jy die goeie eienskappe vertroetel en 'cherish.' Verjeug jouself in jou mooi!
Dryf jouself vorentoe om nuwe dinge te probeer. Ek het grootgeword met hoogtevrees. Ek het soveel lekker ervarings in my lewe gemis, omdat ek nie hoogtes wil trotseer nie. Totdat ek besluit het om dinge in elk geval te probeer en wat 'n ervaring! En hoogtes maak my nogsteeds bang, maar ek laat nie meer toe dat dit my onderkry of weerhou van die lewe nie. So forseer jouself om nuwe dinge te probeer. Wanneer jy daaraan gewoond raak, forseer jouself weer om iets nuuts te probeer. Jy forseer sodoende jou normaal-grense wyer en wyer. Dit maak jou 'n sterker mens wat soveel meer uit die lewe kan put!
Spandeer minstens een maal 'n week tyd in jou eie geselskap. Leer jouself ken. Skryf neer waarvan jy hou, hoe jy gegroei het, waaraan jy kan werk, wat jou waardes is, wat jou sienings is oor dinge wat aangaan in die wereld. Enige ding. 'Date' jouself. Leer jouself ken. Dinge wat op skool my swak punte was is nou my sterk punte en ook andersom! Die rede daarvoor is dat ek op my swak punte gefokus het tot verbetering en skoon vergeet het van my sterk punte. Moenie dit doen nie. Bly steeds sterk punte behou terwyl jy aan swakkes werk!
Kom tot die besef in jou hart dat die Here jou perfek geskape het soos Hy jou wil he. Jy is uniek, mooi en innerlik sterk. Hy kan jou dra en help, maar jy is daartoe in staat deur Sy krag wat in jou werk. God sal jou nie in 'n posisie plaas wat jy nie kan hanteer nie. So as jy ooit voel - hierdie is vir my te moeilik - kom staan net bloot in absolute verwondering voor die feit dat jy sterker is as wat jy regtig dink!
Laastens: Mense sien nie altyd jou swak punte so intensief soos jyself nie. Ons bestudeer ons swak punte met soveel noukeurigheid dat ons absoluut bewus is van elke foutjie! Weet jy wat? Ander mense is ook besig om hulleself te evalueer terwyl jy benoud is hulle evalueer jou. Mense is nie so bewus van jou foute soos jyself nie. Kyk die video - dis pragtig!! https://www.youtube.com/watch?v=zw72ECvuT5c
So behou jou selfvertroue en glo in jouself dwarsdeur ander mense se kritiek. Jy ken jouself immers beter as enige iemand anders!
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking