Dinsdag 17 November 2015

Battle Scars

I have battle scars.

No one ever sees them. They are carefully concealed
I hide them, but they are there. It takes time to be healed
The reason why I’m telling you, is because you have them too
I know that, I can feel it. Although I don’t know you
We weren’t at the same battlefield, I think, but the war is one
we all keep on fighting, without a choice, so reload your gun

My scars are the result of my own crew, they failed me, betrayed me
I trusted them. They lied to me, used me and killed me, you see.
My scars reminds me to be careful, I struggle with trust
But I patch up, the war is moving, I must move along. I must.
I really don’t want to hurt anymore, I don’t want to keep fighting this fight
The pain, the torture, what is it for? I lost the goal. It’s out of sight.

You. Your scars are just as deep. What happened to you?
Was it the enemy or did you also get hurt by your crew?
Your scars are not visible, you have the beauty of bravery
We all have scars, but no. We don’t want them to see.
That’s how we do it, smile and agree that we are unharmed.
The people around us don’t need be alarmed.

I have battle scars. They were healing, but I got wounded again
funny thing is, when I looked up from the dust, once more, it’s my own men
I’m tired. I’m scared. The pain is too real.
I didn’t sign up for this, that’s how I feel.
You have battle scars, I can’t see it, I feel it. Get up from the sand.
If your pain is too much, here - just take my hand.

Dinsdag 12 Augustus 2014

Doen dinge wat jy uitstel

Moenie langer uitstel nie!

Daar is soveel goedjies in ons daaglikse lewens wat ons besef – dit moet ek doen! Ek moet vir my swart jas knope aanwerk, want die middelste knoop kort, ek moet die laptop se draad regmaak wat die hondjies stukkend gekou het, ens. Maar ek doen dit net nie.

EN VAN UITSTEL KOM AFSTEL

So ek gaan nou (volgens #Robin Sharma) op ‘n uitstel-dieet! Vir ‘n maand lank gaan ek elke dag ‘n ding vat wat ek nooit by uitkom nie en dit doen. Hier is wat Robin Sharma sê: https://www.youtube.com/watch?v=bLp9EimaEQI

Dit is ook ‘n goeie manier om jou pad van lewensverandering te bevorder deur klein, alledaagse dingetjies aan te vat en stukkie vir stukkie reg te maak.

Ek het lank uitgestel om hierdie te doen. Die geheim is eintlik om dit net te doen! DADELIK! Begin vandag!

Hier is ‘n voorbeeld van my uitstel-dieet. Dit is ook nog nie heeltemal voltooi nie, ek sal maar nader aan die tyd nog dinge invul.



MONDAY
TUESDAY
WEDNESDAY
THURSDAY
FRIDAY
SATURDAY
SUNDAY

12
Maak crocs reg
13
Maak high heels reg
14
Werk knope aan vir jas
15
Sit some in vir broeke
16
Fix radio laptop drade
17
Maak Mus klaar
18
Maak bed op
19
Vat ou klere weg
20
Pak DVD’s reg
21
Leibande vir brakkies
22
Stap om blok
23
Pak spaarkamerkas reg
24
Vat Puzzles terug
25
Ekstra klasse program
26
Maak bed op
27
Pak wasgoedstasie reg
28
Stap om blok
29
Granaat oorplant
30
Budget
31
Pak boekrak reg
1
Ontwikkel troue kameras
2
Pak koskas reg
3
Pak plastiekbakke
Kas reg
4
TV in kamer reg
5
Kraletjie
projek
6
Pak kis uit en reg
7
Lees
8
Stap om blok
9
Maak hekkie toe
10
11
12
13
14


Donderdag 07 Augustus 2014

Kyk nuut na jouself

Ons is geneig om onsself te definieer op grond van hoe ander ons gesien het nog al die jare - selfs van kindertyd af! Mense vertel ons gedurig wie ons is - of hulle dit goed of sleg bedoel. En ons is meer as gereeld geneig om die slegte gedagtes te vertroetel en die goeie net vinnig te oorweeg en weer te vergeet.

Jy is mooier as wat jy dink.

Jy is sterker as wat jy dink.

Jy is in staat tot meer as wat jy dink.

Maar hoe ontdek jy jouself? Eerstens moet jy ongelukkig mense se opinies gaan vra. Vra vir twee of drie van jou huidige opregte vriende in jou lewe wat jou sterkste en swakste eienskappe is. Luister geduldig en moenie opgewerk raak daaroor nie. Luister hoe hulle jou sien. Gaan werk dan daadwerklik aan jou slegte eienskappe - dit is nie onveranderbaar nie! Moet veral nie vir jouself vertel dis geneties nie! Dis egter baie belangrik dat jy die goeie eienskappe vertroetel en 'cherish.' Verjeug jouself in jou mooi!

Dryf jouself vorentoe om nuwe dinge te probeer. Ek het grootgeword met hoogtevrees. Ek het soveel lekker ervarings in my lewe gemis, omdat ek nie hoogtes wil trotseer nie. Totdat ek besluit het om dinge in elk geval te probeer en wat 'n ervaring! En hoogtes maak my nogsteeds bang, maar ek laat nie meer toe dat dit my onderkry of weerhou van die lewe nie. So forseer jouself om nuwe dinge te probeer. Wanneer jy daaraan gewoond raak, forseer jouself weer om iets nuuts te probeer. Jy forseer sodoende jou normaal-grense wyer en wyer. Dit maak jou 'n sterker mens wat soveel meer uit die lewe kan put!

Spandeer minstens een maal 'n week tyd in jou eie geselskap. Leer jouself ken. Skryf neer waarvan jy hou, hoe jy gegroei het, waaraan jy kan werk, wat jou waardes is, wat jou sienings is oor dinge wat aangaan in die wereld. Enige ding. 'Date' jouself. Leer jouself ken. Dinge wat op skool my swak punte was is nou my sterk punte en ook andersom! Die rede daarvoor is dat ek op my swak punte gefokus het tot verbetering en skoon vergeet het van my sterk punte. Moenie dit doen nie. Bly steeds sterk punte behou terwyl jy aan swakkes werk!

Kom tot die besef in jou hart dat die Here jou perfek geskape het soos Hy jou wil he. Jy is uniek, mooi en innerlik sterk. Hy kan jou dra en help, maar jy is daartoe in staat deur Sy krag wat in jou werk. God sal jou nie in 'n posisie plaas wat jy nie kan hanteer nie. So as jy ooit voel - hierdie is vir my te moeilik - kom staan net bloot in absolute verwondering voor die feit dat jy sterker is as wat jy regtig dink!

Laastens: Mense sien nie altyd jou swak punte so intensief soos jyself  nie. Ons bestudeer ons swak punte met soveel noukeurigheid dat ons absoluut bewus is van elke foutjie! Weet jy wat? Ander mense is ook besig om hulleself te evalueer terwyl jy benoud is hulle evalueer jou. Mense is nie so bewus van jou foute soos jyself nie. Kyk die video - dis pragtig!! https://www.youtube.com/watch?v=zw72ECvuT5c

So behou jou selfvertroue en glo in jouself dwarsdeur ander mense se kritiek. Jy ken jouself immers beter as enige iemand anders!


Woensdag 06 Augustus 2014

Winde van verandering

Wanneer ons begin om nuwe dinge te doen of ou dinge te los is die groot vraag altyd: moet ek een ding op 'n slag verander of alles terselfdertyd?

Daar is nie 'n maklike direkte antwoord op die vraag nie, maar oorweeg die volgende:

Om 'n algemene 'mindset' van verandering in jou wese te vestig maak dit makliker om dan sommer alles aan te vat. Dit klink dalk of soveel dinge overwhelming kan wees, maar as jy faal in een van die veranderingsprosedures, kan jy motivering vind in ander suksesse. Terwyl as jy net een ding probeer verander en dit misluk, gee jy sommer makliker moed oor.

Wees getrou en moenie wyk van jou planne nie, maar moenie jouself uitmergel nie. As jy nou bv. vroeg opstaan, oefen, gesond eet, alkohol vermy en probeer water drink op een slag en jy is die oggend regtig te moeg om op te staan - slaap die oggend bietjie later, maar drink dan 500ml water ekstra die dag om op te maak en moenie heeltemal handdoek ingooi nie. En gaan slaap dan vanaand net 'n halfuur vroeer sodat jy more weer in roetine kan terugval.

Om te begin verander is 'n groot stap, maar die uitdaging is om vol te hou met jou planne. Klop jouself op die skouer oor elke dag van sukses en hou gedurigdeur 'n duidelike doel voor jou. Dink net minstens een keer per dag doelbewus hoekom jy besig is met die proses en skep verwagting by jouself oor die eindproduk.

Ek het besluit om volgende jaar met my bonus my klerekas totaal oor te doen. 'n Nuwe ek verdien 'n nuwe klerekas. Daarom fokus ek my gedagtes op style waarvan ek hou, kleure en skoene waarna ek sal kyk en hoe ek my nuwe styl gaan geniet. Elke keer wanneer ek wil moedeloos raak of behoefte het aan gemorskos, ens. vertel ek net vir myself ek wil graag rokkies kan dra met lekker high heels.

Daarom moet alles verander en nie net een ding nie.

En ek moet alles gelyk tackle.

''Pushing my limits every day to become a better me! A better me than yesterday!


Dinsdag 05 Augustus 2014

Hoe om vroeg op te staan en algemene slaapgewoontes

Soveel mense sukkel om te slaap en vroeg op te staan - o, en die ewige 'snooze battle'!

Hier is 'n paar gedagtes om te begin vroeg opstaan (soveel meer tyd vir drome najaag in 'n dag!!) en lekker te slaap:

1. Moenie eet na sewe in die aand nie. Jou liggaam werk om kos te verwerk en die idee wanneer jy slaap, is dat jou liggaam moet rus! As jy eet voor jy gaan slaap, skep jy werk vir jou liggaam gedurende rustyd.

2. Geen kaffeine na vyfuur nie. Dit sluit koffie, coke en swarttee in. Ek hoor baiekeer: ''Koffie hou MY nie wakker nie, dit maak my eintlik moeg.'' Maar kaffeine het nie net 'n fisieke uitwerking nie, dit werk ook in op jou brein en senuweestelsel. So wees absoluut beslis hieroor: na vyf drink jy net water, rooibostee of 'green tea.'

3. Roetine is baie belangrik. Ek glo in roetine, maar vir goeie slaapgewoontes is roetine van uiterse belang! Gaan slaap dieselfde tyd elke aand en staan die selfde tyd op elke oggend. Vestig 'n bed-toe-gaan en opstaan roetine. Jou lyf en gedagtes sal gou gewoond raak aan wanneer hulle moet moeg wees en wanneer hulle moet wakker word.

4. Neem 'n doelgerigte besluit en volg 'a NO snooze policy.' Om wakker te word en verder te slaap en weer wakker te word, maak jou moeg! Maak nie saak hoe moeg jy voel die eerste keer as die wekker lui nie - na die snooze GAAN jy erger voel. Snooze is 'n slegte gewoonte. Gaan die dag opgewonde tegemoet.

5. Kry dinge wat jou motiveer om op te staan. As jy jou lewe haat, is dit moeite om op te staan in die oggend. Wanneer daar uitdagings en pret dinge is om te doen in jou dag, staan jy makliker op. Jou werk speel 'n groot rol hierin. Sorg dat jy hou waarvan jy doen en probeer jouself gedurigdeur verbeter in jou werk. Uitdagings motiveer ons, maak ons opgewonde en is 'n rede om op te staan in die oggend.

6. Ek weet nie waar die '8 uur in 'n nag slaap' idee vandaan kom nie, maar dit is nie regtig akkuraat nie. Jou slaapsiklus werk in periodes van drie ure. As jy in die middel van een van die siklusse opstaan, wil jou liggaam die siklus voltooi en wil jy dus nog slaap. Probeer daarom om eerder 6 of 9 ure te slaap. Maak voorsiening vir tyd om aan die slaap te raak ook.

7. As jy fiks is, het jou liggaam meer suurstof-toevoer en jy het minder slaap nodig. So raak fiks! Terwyl jy onfiks is, gaan slaap maar bietjie vroeer in die aande (die 9 ure slaap siklus) en as jy fiks raak behoort die 6 ure slaap siklus of selfs 3 ure vir sommige mense heel goed te werk.

8. As jy sukkel om aan die slaap te raak, probeer een van hierdie hipnose-tipe ''speletjies'':

a) Konsentreer op 1. Stoot enige ander gedagtes uit jou kop uit. Wanneer jy agterkom jy konsentreer nie meer op 1 nie, konsentreer op 2. Gaan so aan totdat jy slaap. Ek raak gewoonlik by 3 of 4 aan die slaap.

b) Le gemaklik op jou rug. 'Tense' jou spiere en senuwees stelselmatig en rustig op vanaf jou tone, jou voete, jou hakke, jou enkels, jou kuite, ens. totdat jou hele lyf 'tense' is. Relax. Dan ontspan jy weer vanaf jou tone, voete, hakke, enkels, ens. Totdat jou hele lyf ontspanne is. Haal dan net rustig asem. Ek raak gewoonlik voor die skouers ontspan aan die slaap.

c) Le op jou rug en verbeel jouself jy dryf in die wolke op jou rug. Fokus jou gedagtes op die teenwoordigheid van die Heilige Gees en God, die Vader. Spandeer tyd in die teenwoordigheid van die Here en stoot enige ander gedagtes doelbewus uit jou kop uit. Moenie met Hom praat nie. Spandeer bloot tyd in Sy teenwoordigheid. Dit sal jou kalm maak en rustig laat slaap.

Lekker slaap en opstaan almal!!

Maandag 04 Augustus 2014

Begin verandering in jou lewe

Om enige iets in mens se lewe te verander is moeilik. Of dit nou gesond eet, vroeg opstaan, begin oefen, of watookal is...

Hier is 'n paar gedagtes om te gebruik om verandering teweeg te bring en te volhard:

1. Onthou verandering (soos vroeg opstaan en oefen) gaan jou oor die lange duur laat goed voel, maar             aanvanklik gaan dit jou laat slegter voel. Moegheid, frustrasie en ander negatiewe gevoelens moet verwag     word. Berei jouself sielkundig daarop voor en onthou doelgerig dit gaan beter wees - langtermyn!
2. Mense glo nie maklik jy kan verander nie - moet jou nie steur nie! Die enigste manier om ander te oortuig     dat jou lewe gaan verander is om hulle te wys. 'n Beeld wat ek mal is oor: Ons almal sit in 'n put vol               modder en gemors. Dis vuil en almal sit nou maar net daar, want daar is nie toerusting om uit te klim nie.
    Nou jy kan besluit om te begin klim sonder toerusting en te gaan ontdek wat is buite in die wereld, maar       dit gaan moeilik wees. Maar begin jy vasberade klim. Dan sal die mense rondom jou - wat te lui is om           self te klim - jou aftrek. Die rede daarvoor is hulle sien nie kans om te klim nie, maar hulle gun jou ook nie    die onbekende drome wat hulle nie wil bereik nie. Wat moet jy dan doen? Skop hulle af en klim elk geval.    Jy gaan ook net so lank klim voor jy in elk geval te hoog begin raak vir hulle om verder te stry daarteen...
3. Hou 'n duidelike doel voor jou. Skryf dit neer en besluit op 'rewards' wanneer jy sekere mikpunte bereik.    Wanneer jy nie na iets toe werk spesifiek nie, gaan jy opgee. Kry motivering. Werk vir iets spesifiek.
4. Beplan vir 'n sisteem en belonings wat jou gedurigdeur kan dra, motiveer en lei om te volhard.
5. Roetine, roetine, roetine! As jy roetine vestig en dinge op vasgestelde tye en in vasgestelde volgordes             doen, is dit makliker om te volhard uit blote roetine. Wanneer 'n dag moeilik gaan kan jy steeds deur die       roetine beweeg totdat jy weer deur inspirasie en motivering toegegooi word.

Die grootste uitdaging is om te begin, maar van daar af is dit nie 'n teepartytjie nie. As verandering maklik was sou dit ook nie so bevredigend gewees het nie.

Good Luck!!